Meer as ’n modegier

Die konferensie vir verantwoordelike toerisme wat onlangs gehou is, dien as inspirasie vir almal. Sakemense het vertel van die tegnologie en maatreëls wat hulle in plek gestel het om groener sake te doen. Om groen te leef en ’n groen onderneming te bedryf, is nie net ’n nuwe modegier nie. Dis die slim ding om…


Die konferensie vir verantwoordelike toerisme wat onlangs gehou is, dien as inspirasie vir almal. Sakemense het vertel van die tegnologie en maatreëls wat hulle in plek gestel het om groener sake te doen.

Om groen te leef en ’n groen onderneming te bedryf, is nie net ’n nuwe modegier nie. Dis die slim ding om te doen. Dis slim om vindingryke maniere te kry om te leef en sake te doen sodat die meeste uit bronne tot ons beskikking gehaal kan word.

Waarom is dit nodig om die kopskuif te maak na ’n groener leefstyl? Of ons daarvan hou of nie, is ons onlosmaaklik verbind aan die natuur. Droogte beïnvloed almal, al is dit in die vorm van stygende kospryse vir die man en vrou wat in die stad bly en aan die einde van die voedselketting is.

In winkels is talle boeke oor hoe om groener te leef vir diegene wat nie kennis dra nie. Die internet kan bladsye vol inligting verskaf oor hierdie onderwerp en dan is daar mense in ons gemeenskap wat uit eie ondervinding kan raad gee en wys hoe dit gedoen moet word.

Al wat nodig is om groener te leef, is breinkrag, verbeelding en die inspirasie om uit die gemakstoel op te staan en daadwerklike veranderinge aan te bring. Afhangende van die graad van inspirasie kan dit ook geld kos. Sommer ’n sak vol geld, maar dit is ongetwyfeld ’n belegging. ’n Goeie belegging vir ’n onseker toekoms

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.