M’bury-sakekamer vergader

Die Malmesbury-sakekamer hou sy jaarvergadering Dinsdag 22 Maart om 19:00 by die Freek Stander-saal (Hoërskool Swartland).


Die Malmesbury-sakekamer hou sy jaarvergadering Dinsdag 22 Maart om 19:00 by die Freek Stander-saal (Hoërskool Swartland).

Hierdie vergadering is belangrik vir alle lede ter wille van terugvoer oor die werksaamhede en finansiële resultate van die afgelope jaar.

Baie belangrik is dat die bestuur vir die volgende jaar verkies moet word. Benoemings vir bestuurslede moet teen middernag op 20 Maart ontvang word.

Alle lede word genooi om die vergadering by te woon. Kom stem gerus vir jul nuwe bestuurslede.

Benoemings asook enige punte vir die sakelys wat bespreek moet word, moet voor 20 Maart gestuur word na info@sakekamer.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.