Matrieks begin al skryf

Die 2022-matriekleerders het hierdie week met hul Mei/Junie-eksamen begin – die begin van ’n reeks eksamens wat hulle gaan skryf en ’n bydrae tot die res van hul lewe gaan maak.


Die 2022-matriekleerders het hierdie week met hul Mei/Junie-eksamen begin – die begin van ’n reeks eksamens wat hulle gaan skryf en ’n bydrae tot die res van hul lewe gaan maak.

Ek het onlangs verskeie jongmense ontmoet en toegespreek, en een van die vrae wat ek die meeste gevra word, gaan oor werksgeleenthede. My raad is telkens: “Maak jou skoolloopbaan klaar.”

Dit is kommerwekkend hoe baie jongmense nie hul skoolloopbaan voltooi nie. In die wêreld van vandag, moet jy ’n matrieksertifikaat hê. Dit is ’n voorvereiste vir amper alle werksgeleenthede. Ek het eerstehands die teleurstelling gesien van talentvolle, hardwerkende jongmense wat bereid is om hul pad oop te werk, maar van geleenthede weggewys word omdat hulle nie hul skoolloopbaan voltooi het nie. Tersiêre onderrig is nie vir almal nie, maar skool is nie meer opsioneel nie.

Ek wil ons ouers aanmoedig om by ons jongmense te staan en hulle aan te moedig en tydens hul skoolloopbaan te ondersteun. Moenie toelaat dat hulle tou opgooi nie, selfs al is hulle nie met die eerste probeerslag suksesvol nie. Probeer weer!

Die Amerikaanse skrywer Len Schlesinger het gesê: “Failure doesn’t mean the game is over, it means trying again with experience.”

My beste wense aan al die leerders wat nou eksamen skryf. Sterkte ook aan elke ouer; ek weet hierdie proses is vir u net so stresvol.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.