Man wat foto’s neem, blyk meer as fotograaf te wees

’n Fotograaf van Robertson is in hegtenis geneem op aanklag van seksuele aanranding.


’n Fotograaf van Robertson is in hegtenis geneem op aanklag van seksuele aanranding.

Die 26-jarige man is op 12 Januarie deur die Robertson-polisie aangekeer.

“Die fotograaf het van minderjariges foto’s geneem en aan hulle voorgegee dat dit vir modelwerk is. Dan, tydens die fotosessies, moes die meisies ontklee, en daar was glo ook al ’n geval waar hy ’n meisie wat kaal was, betas het,” verduidelik ’n betroubare bron met kennis van die saak.

Volgens AO Blackie Swart, die Robertson-polisie se woordvoerder, is die klagte op 11 Februarie teen die verdagte aanhangig gemaak.

“Die klagte is op dieselfde dag aangemeld as wat die 15-jarige klaer ’n fotosessie met die fotograaf gehad het,” verduidelik hy.

Die verdagte het Vrydag 14 Januarie die eerste keer in die hof verskyn, en het weer Donderdag 3 Februarie in die hof verskyn.

Die man is op R500 borgtog vrygelaat en moet weer Woensdag 23 Februarie in die hof verskyn.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.