Man vas oor dwelms, wapens

’n Verdagte van 34 jaar oud is verlede Woensdag tydens ’n misdaadintelligensie-optrede in samewerking met die teen-bende-eenheid in Abbotsdale in hegtenis geneem.


’n Verdagte van 34 jaar oud is verlede Woensdag tydens ’n misdaadintelligensie-optrede in samewerking met die teen-bende-eenheid in Abbotsdale in hegtenis geneem.

Wayna Philand het Donderdag 10 Maart in die Malmesbury-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie asook die besit van tik en mandrax-tablette met die uitvoering van ’n lasbrief wat bekom is.

’n Fakkel-geweer, ’n .22-rewolwer, ’n 9 mm-pistool met ’n knaldemper asook ammunisie is in die huis gevind.

By verdere ondersoek is 198 Mandrax-tablette en groot hoeveelhede van die dwelm tik, met ’n straatwaarde van R10 000, ook gevind. Die polisie het ook op R13 678 in kontant beslag gelê.

Die ondersoek duur voort.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.