’n Man van Wesbank is die tweede agtereenvolgende naweek met dwelms betrap. Die 55-jarige verdagte is Vrydagaand vasgetrek nadat die beamptes van Malmesbury-polisie se misdaadvoorkomingseenheid patrollies in die gebied gedoen en inligting ontvang het dat ’n berugte dwelmhandelaar tik in kleiner sakkies by sy woning verpak. Die beamptes is na die adres waar hulle die verdagte op heterdaad betrap het. Hy is met ongeveer 40 g dwelms met ’n straatwaarde van sowat R20 000 betrap en sou na verwagting gister in die Malmesbury-landdroshof verskyn. Hy is die vorige naweek ook weens besit van dwelms in hegtenis geneem en voor die hof gebring. Foto:


man maak tweede Tikfout

You need to be Logged In to leave a comment.