Die Malmesbury-sakekamer het verlede week tydens sy jaarvergadering ’n oorsig oor sy 2021-werksaamhede en geldsake gebied. ’n Nuwe komitee is ook verkies, met Brian Siebritz as die nuwe voorsitter. Die 2022-komitee is: (agter) Lappies Labushagne, Lennard Van Wyk, Kobus Rossouw (onder-voorsitter), Wouter Bester (finansies) en Johann Nothnagel. (Voor) Brian Siebritz (voorsitter), Elzaan Hendricks, Sarie Nell en Christelle de Lange. Johan Retief en Janus le Roux was afwesig toe die foto geneem is.