Malmesbury kry nuwe mark

Vanaf 15 Augustus sal die Langsdiebos Mark elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 op die Vootrekkerterrein (agter Hoërskool Swartland se sportgronde) gehou word. By hierdie mark sal Malmesbury se mense kan saamkuier om ’n koppie koffie, vermaak word en hul mandjies kan volpak met handgemaakte goedere, plaasprodukte en tuisgebak. Die visie van die mark is…


Vanaf 15 Augustus sal die Langsdiebos Mark elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 op die Vootrekkerterrein (agter Hoërskool Swartland se sportgronde) gehou word.

By hierdie mark sal Malmesbury se mense kan saamkuier om ’n koppie koffie, vermaak word en hul mandjies kan volpak met handgemaakte goedere, plaasprodukte en tuisgebak.

Die visie van die mark is om vir die Malmesbury-gemeenskap ’n gesellige gesinsgeleentheid te skep waar mense van die omgewing ’n platform kry om hul tuisgemaakte en vars produkte te bemark en hul talente uit te leef. Nie-winsgewende organisasies is ook welkom om geldinsamelingsgeleenthede by die mark te hou.

Die Langsdiebos Mark word as ’n nie-winsgewende organisasie bedryf en enige wins sal aangewend word vir die bemarking van die mark en die verbetering van die terrein.

Uitstallers kan aansoekvorms aanvra by langsdiebosmark@gmail.com. Aansoeke vir die mark op 15 Augustus sluit 29 Julie. Vir meer inligting stuur ’n e-pos of kontak Marilizé Crafford by 072 052 6280

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.