Malmesbury Veiligheid deel vandeesweek wenke op sy Facebookblad vir wanneer jy tuis is en jou voordeurklokkie of telefoon lui:

Klop aan die deur
. Moet nooit jou deur sonder om ondersoek in te stel, net vir enigeen oopmaak nie, selfs al het jy ’n stewige traliehek aan die buitekant. . Indien die besoeker aan jou onbekend is, vra hom om homself te identifiseer. . Skakel die maatskappy as die besoeker sê hy is ’n verteenwoordiger. . Ontbied die polisie indien die besoeker hom nie kan identifiseer nie.. Wees versigtig vir mense wat aan jou deur kom klop en vra vir mense wat waarskynlik nie eens in jou straat of kompleks woon nie. Ontbied die polisie indien jy so iemand by ander huise sien klop.

Telefoon-moets en moenies
. Hou ’n lys met alle noodnommers by die telefoon. . Wees baie versigtig om jouself te identifiseer, tensy jy seker is van die identiteit van iemand wat skakel. . Moet nooit onnodige inligting telefonies verstrek nie. . As jy die foon gebruik, moet jy nooit die mens aan die ander kant laat agterkom dat jy alleen tuis is nie.V Malmesbury-Veiligheid (MV) is ’n weerbaarheidsorganisasie wat daarop ingestel is om die dorp en omgewing teen misdaad te beskerm, maar ook daarop gemik is dat die hele gemeenskap paraat sal wees wanneer rampe soos ’n aardbewing of tornado tref. . As jy nog inligting nodig het, besoek www.malmesburyveiligheid.org.

You need to be Logged In to leave a comment.