Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) doen ’n beroep op inwoners om bloed te skenk as gevolg van uiters lae bloedvlakke.
“Ons mik vir ’n voorraad van vyf dae, maar het ’n kritieke tekort in die O+-bloedgroep. Ons het slegs twee dae se voorraad oor,” sê Marike Gevers, bestuurder van openbare betrekkinge. “Ons moedig bloedskenkers aan om lewens red deel van hul nuwe jaar te maak en vier keer ’n jaar te skenk.”
Elke skenker in Januarie sal ’n skaars WKB-gesigmasker ontvang.
Indien jy tussen 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, ’n algemene goeie gesondheid het en ’n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy bloed te kan skenk.
Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind, laai gerus die WKB-app op jou selfoon af of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 060 549 7244.
Besoek www.wcbs.org.za vir inligting.