Die Malmesbury-polisie is omstreeks 06:15 Maandagoggend (11 April) ontbied na ’n toneel in Riverlands waar ’n liggaam langs die treinspoor gevind is. Die oorledene is intussen geïdentifiseer as Godfrey Adams. Adams het skietwonde aan sy kop en bolyf gehad. Die polisie doen ’n ernstige beroep op enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte/s kan lei, om die ondersoekbeampte, AO Francois Hofmann, by 022 482 7500 te bel. Foto: