Lot eindig toe bankrot (8)

Kom ons kyk vir laas na die twee mense se lewenswandel: Lot •Daar was geen vordering op die pad van die Here nie. Geen geestelike groei, geen vordering in heiligmaking. •Net so bolangs en oppervlakkig


Kom ons kyk vir laas na die twee mense se lewenswandel:

Lot

•Daar was geen vordering op die pad van die Here nie. Geen geestelike groei, geen vordering in heiligmaking.

•Net so bolangs en oppervlakkig.

•Geen offer is ooit vir die Here gebring nie. Geen werk is vir die Here gedoen nie. Alles moes net altyd lekker wees.

•Hy het geen geestelike nalatenskap agtergelaat nie.

•Sy nageslag is ’n verleentheid, die Moabiete en Ammoniete (Gen. 19:31-38).

Abraham

•Abraham het vanuit ’n verhouding met God geleef wat net al meer intiemer geraak het.

•Abraham het gereeld offers vir God gebring. Ons kan sê in hedendaagse taal: Hy het nie ’n diens, seldiens, geleentheid om ander te dien gemis nie.

•Hy eindig so geseënd! Gen. 24:1 – “En Abraham was oud en ver op sy dae, en die Here het Abraham in alles geseën.”

•Hy het ’n nalatenskap gelaat!

•Hy het ’n voorbeeld vir ons nagelaat.

•Wie in Abraham se voetspore volg, sal vir seker in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug (1 Thess. 4:16-17) wanneer Hy vir ’n tweede keer verskyn (spoedig) vir die wat Hom verwag (Heb. 9:28)

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.