Nadat Abraham vir Lot bevry het uit gevangenskap van die konings van Babilonië (Gen. 14), gaan woon hy wéér in Sodom. Sommige mense leer net nie.
Daar is selfs Christene wat nie hul les leer nie. Hulle leef van die een “vrylating op borgtog” tot die volgende:
•Leer nie om nie skuld te maak nie.
•Hulle hou aan verkeerde plekke besoek.
•Wil nie luister dat die eerste glasie jou ondergang beteken nie.
•Gee nie gehoor: “Bly weg van dobbel en die lotto speel.”
•“Bly weg van pornografie, jy raak verslaaf daaraan soos aan dwelms.”
•Verhoudinge met verkeerde mense is nie goed nie.
Wanneer hulle as gevolg van hul eie toedoen in die ongeluk beland, dan moet die Here hulle weer en weer daar kom uit red.
Op die ou end word Sodom finaal met vuur en swawel verwoes en moes Lot vlug met sy vrou en twee dogters vir hul lewe. Gen. 19:16 – “Maar hy het nog getalm.”
So traag was sy vrou om die plek te verlaat dat sy agter haar om gekyk het en in ’n soutpilaar verander het. Lot ontkom met nét sy klere aan sy lyf en ’n “sesbottelkan”!
(Gen. 19:32)