•Rom. 6:1 – “Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?”
•Rom 6:2 – “Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?”
Tydens ’n geestelike kursus in die gemeente, merk een van die kursusgangers op: “As mens by die Here Jesus uitgekom het, dan wíl jy nie meer sonde doen nie.”
Jy sal voorwaar ’n hart soos Abraham vir God hê en die Here voortdurend eerste stel in jou lewe en jy sal geseënd wees aan die einde. Abraham het sterk geëindig. Lot het nie sterk geëindig nie.
Nadat ek die Wynland half-marathon in Stellenbosch voltooi het, sit ek en ’n mede-atleet op die pawiljoen en kyk hoe van die ander atlete klaar maak. Sommige kom daar aan soos oorwinnaars, hulle hardloop nog sterk en kragtig. Ander kom daar aan halfdood, die stoom staan op hulle, amper ’n verleentheid vir hulself. My vriend maak ’n opmerking teenoor my terwyl ons na nog ’n atleet kyk wat strompelend oor die eindstreep gaan: ”Só wil ek tog nooit in my lewe eindig nie.”
Gebed:
Here Jesus, help my om klaar te maak soos wat ek met U begin het. Amen!