Lot eindig toe bankrot (5)

Lot se keuse Gen. 13:11 – “En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.” ’n Man van God het eenmaal gesê: “Sin wil take you farther than you want to go. Keep you longer than you want…


Lot se keuse

Gen. 13:11 – “En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.”

’n Man van God het eenmaal gesê: “Sin wil take you farther than you want to go. Keep you longer than you want to stay and cost you more than you want to pay.”

Toe trek vier konings van Babilonië op na die Jordaanvallei en oorval Sodom en in die proses voer hulle ook vir Lot weg. Gen 14:12 – “Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek – want hy was in Sodom woonagtig.” Onthou; as jy in Sodom woon, gaan alles wat met Sodom gebeur ook met jou gebeur! In Afrikaans sê ons:

•Meng jou met die semels dan vreet die varke jou.

•Wys my jou vriende en ek sê wie jy is.

Gebed

Here, bewaar ons dat ons nie ’n wêreldse leefwyse aankleef nie. Help ons Here om nie agter die klatergoud van die wêreld aan te hardloop nie. Laat ons heiligmaking najaag; ’n leefstyl wat toon dat ons Jesus alleen navolg. Amen!

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.