Lot se keuse
Gen. 13:11 – “En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.”
Toe Abraham aan Lot die aanbod maak om eerste te kies, toe kies hy dadelik dit wat op die oog af so goed en mooi lyk. Hy kies die vrugbare Jordaan-vallei met sy uitgestrekte groen en baie water … , máár Sodom en Gomorra was ook daar.
Gen. 13:12 – “en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.”
Gen. 13:13 – “En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.”
Lot het selfs later binne in Sodom gaan woon. Sodom simboliseer die sondige wêreld se lewenstyl.
Baie Christene dink: “Ek is mos nou geregverdig deur geloof en ek leef mos onder genade, ek kan maar leef soos ek wil en so bietjie sonde doen soos ek wil, dit sal my mos nie minder ‘n kind van God maak nie.” Hulle lyk soos die wêreld, ruik soos die wêreld, praat soos die wêreld en maak soos die wêreld.
Maar my waarskuwende vraag: Waar het Lot geëindig?