Ons lees hoedat Abraham altare gebou het van plek tot plek waar hy getrek het in Kanaän.
•Gen. 12:7 – “Toe bou hy daar ’n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.”
Sal ons sê om ’n altaar vir God te bou, is maar niks anders as ’n vroeë vorm van aanbidding; dit wil sê, soos ons hedendaagse eredienste. Dus kan ons sê Abraham se lewe was een van toewyding aan die Here – hy het nie ’n diens gemis nie, hoewel hy nie foutloos was nie.
Nêrens lees ons ooit dat Lot vir die Here ’n enkele altaar gebou het nie. Lot is vir my die tipe gelowige vir wie dit te veel moeite is om die onderlinge byeenkomste by te woon:
•“Vir wat moet ’n mens so baie kerk toe gaan.”
•“Ek kan by die huis die Here net so goed dien.”
•“Ek is so ’n besige man, ek het nie tyd om nog in die aand ook kerk toe te gaan nie.”
Dink weer: Lot dien die Here vrot; sy aanstaande skoonseuns het met sy godsdiens gespot en hy eindig bankrot! Abraham dien die Here vlot en hy eindig sterk; wat ’n genot!