Lot eindig toe bankrot (2)

Wat het gemaak dat Lot en Abraham so wyd uitmekaar eindig? Toe daar later twis ontstaan tussen die wagters van Abraham en Lot (Gen. 13:7), is dit Abraham wat die voorreg van keuse aan Lot gee (Gen. 13:9): “… gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links…


Wat het gemaak dat Lot en Abraham so wyd uitmekaar eindig?

Toe daar later twis ontstaan tussen die wagters van Abraham en Lot (Gen. 13:7), is dit Abraham wat die voorreg van keuse aan Lot gee (Gen. 13:9): “… gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.”

Beide was gered en geregverdig, maar Abraham was vol van genade, sagtheid, toegeeflikheid en minsaamheid. Die gesindheid van Fil. 2:3 – “Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.” “You first, me second.”

Ons kan iets leer by hierdie gesindheid van Abraham. Hy was die senior en Lot die junior, maar hy behandel vir Lot asof hý die senior is. Kyk maar na diegene wat ander oplig en nie hulleself voorstoot nie en hulleself nie gedurig aanbeveel nie. Op die ou end eindig hulle verder as diegene wat hulleself gedurig probeer verhoog.

Gebed

Here, gee my hierdie minsame gesindheid van sagtheid en teerheid teenoor andere. Help my om ander hoër te ag as myself. Maak my soos Jesus, wat vir ander geleef én gesterf het. Amen.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.