Daar is twee manne in die Bybel wat in dieselfde tyd geleef het en gelyk oor die wegspringlyn van die lewe gegaan het nl. Abraham en Lot.
•Abraham was regverdig. Ons lees dit in Rom 4:3 – “Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.”
•Lot was ook ’n regverdige. 2 Pet. 2:7 – “en die regverdige Lot … wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;”
2 Pet. 2:8 – “want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke.” Drie keer word hy ’n regverdige genoem.
Albei het geleef voor die wet. Ons kan sê albei was gered en op pad hemel toe. Albei het aan die Here behoort. Tog is daar ’n groot verskil in hoe hulle geëindig het:
Abraham was uiters geseënd aan die einde. Gen 24:1 – “En Abraham was oud en ver op sy dae, en die Here het Abraham in alles geseën.”
Maar Lot verloor ’n lot en eindig toe bankrot! “He did not end strong.”