Liplekker idees vir die nuwe jaar se skoolkosblikke

Dit is weer tyd vir skool.


Dit is weer tyd vir skool.

Hier is ’n paar idees vir jou kind se kosblik:

Maak seker die kosblik is gebalanseerd en bevat al die basiese voedselgroepe, met ander woorde koolhidrate, proteïne, suiwel, vet, vrugte en groente.

Gee ook water saam om jou kind se konsentrasievermoë helder te hou.

Probeer die kosblik die vorige aand reeds pak. Só vermy jy die geskarrel vroegoggend en kan jy meer tyd aan die beplanning en bereiding van die kos bestee.

Probeer ook om so ver as moontlik verfynde koolhidrate en suikers te vermy.

Wat behoort elke dag in jou kind se kosblik wees?. Koolhidrate en stysel is ’n bron van energie. Dit moet verkieslik kos met ’n lae GI wees, soos twee snye volkoringbrood. Alternatief: Gebakte soetpatat-skyfies.. Proteïene verseker volgehoue konsentrasie – eier, biltong, hoendervlerkies of ’n stukkie vleis soos ham is ideaal.. Vet bly ’n belangrike bron van energie. Gebruik botter of mayonnaise op ’n toebroodjie, sit ’n verskeidenheid neute in die kosblik en sny ’n avokado op.. Vrugte of (onversoete) vrugtesap (200 ml) is propvol vitamiene, minerale en vesel. Pak aarbeie, appels of ’n paar korrels druiwe in.. Groente is lekker peuselhappies. Pak stukkies wortels en suikerertjies met hoemoes in.. Suiwel is ’n belangrike bron van kalsium. Maak jou kind se kos so aantreklik moontlik. Pak klein blokkies kaas in. Jy kan selfs ’n tandestokkie gebruik en tamaties, kaas en vleis daarop inryg.. Kies kossoorte wat teen pouse nog lekker gaan lyk en nie te skerp sal ruik nie (waak teen tuna en eier).. Skil jou kind se vrugte af. Baie kinders hou nie van vuil of taai hande nie en word daardeur afgeskrik.. Kinders is gewoonlik baie gretig om te speel en wil so gou moontlik eet. Gee hulle dus klein, hanteerbare porsies soos vingerbroodjies en stukke vrugte.. Pak ’n naskoolpakkie in as jou kind aan buitemuurse bedrywighede deelneem.. Droë vrugte, neute, sade en biltong is baie geskik vir ondergewig- of aktiewe kinders met hoë energiebehoeftes.. Laat jou kind sy of haar eie kosblik kies.. Sny die kos in oulike vorms.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.