Gesonde biltong-quiche
) Bestanddele:
Kors:
• 2 koppies amandelmeel
• ½ koppie Parmesaankaas, fyn gerasper
• knippie rooi peper
Vulsel:
• 2 koppies dubbeldik- gewone jogurt
• 1 koppie cheddarkaas, gerasper
• 5 eiers
• vars gemaalde sout en peper
• 1 ½ koppies dun gekerfde beesbiltong
• 1 groot uit, gekap
• 2 eetlepels botter
• klein handvol vars tiemieblare
Bediening:
• groot handvol vars wilde roketblare
• handvol dun gekerfde biltong
) Metode:
1. Verhit die oond vooraf tot 180 °C.
2. Om die kors te maak: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en blits totdat die kors saam vorm. Smeer ’n losboom-quichepan en druk die korsmengsel onder in die pan. Plaas dit in die yskas vir 10 tot 15 minute.
3. Terwyl die kors verkoel, plaas die uie en botter in ’n souspan oor medium hitte. Kook vir agt minute en roer totdat die uie gekarameliseer het. Maak seker dat dit nie brand nie.
4. Om die vulsel te maak: Meng al die vulselbestanddele saam en gooi dit in die kors.
5. Bak vir 20 tot 25 minute tot goudbruin.
6. Bedien met vars wilde roketblare en gekerfde biltong bo-op.
Halloumi en groente-sosaties
) Bestanddele:
• 150 g tot 200 g halloumi
• 5 murgpampoentjies
• 1 rooiui
• ½ pynappel
• ½ rooi soetrissie
• ½ groen soetrissie
• 200 g baba tamaties
) Metode:
1. Sny die groente en halloumi in stukke, maar maak seker dat dit dieselfde grootte is, sodat dit eweredig kan kook. Plaas dit in aparte bakkies.
2. Ryg die groente en halloumi op die stokkie; wissel tussen die verskillende stukke.
3. Drup ’n bietjie olyfolie oor die sosaties en geur met kruie, sout en peper, of geurmiddels van jou keuse.
4. Plaas die sosaties op die braairooster en braai tot die groente sag en heerlik gebraai is.
Pittige en romerig mossels en chorizo
) Bestanddele:
• 900 halwedop-mossels
• 1 ½ koppie chorizo, gesny
• 1 koppie gevriesde ertjies
• 2 eetlepels olyfolie
• 2 teelepels fyngedrukte knoffel
• 2 eetlepels Harissa-pasta
• 1 teelepel rissieflokkies
• 1 tot 2 koppies witwyn
• ½ koppie laevet-room
• vars gemaalde sout en peper
• brood vir bediening
) Metode:
1. Verhit die olyfolie in ’n groot souspan oor ’n hoë hitte. Voeg die chorizo en knoffel by en braai saam vir twee tot drie minute.
2. Haal die pan van die hitte af en skep die chorizo in ’n aparte bakkie. Los die gegeurde olie in die pan.
3. Plaas die pan weer op die hitte en plaas die mossels in die olie. Laat dit vir vyf minute oor ’n hoë hitte braai.
4. Voeg die witwyn, harissa-pasta, rissieflokkies, sout en peper by die mossels.
5. Laat dit vir twee tot drie minute prut voordat jy die chorizo, room en ertjies byvoeg, en prut vir nog ’n minuut of twee terwyl jy die mossels deur die sous roer.
6. Bedien onmiddellik met vars brood.
Waatlemoen en bessie-smoothie
- Bestanddele:
• ½ waatlemoen
• 500 g dubbel dik gewone jogurt of 2 blikkies klapperroom
• 250 g gevriesde bloubessies
• 200 g aarbeie
• ys
• eetbare blomme, vir versiering (opsioneel)
- Metode:
1. Skep die waatlemoen uit sy dop uit. Hou die dop en kerf dit volgens jou smaak.
2. Meng die waatlemoen, jogurt of room, bloubessies, aarbeie en ys saam.
3. Gooi die mengsel in jou uitgekerfde waatlemoendop. As daar oor is, gooi dit in ’n beker of glase. Dit hang af van die grootte van die waatlemoen.
4. Versier met blomme en bedien met ekstra ys.
– Bron: Food Lovers Market