Dis moeilik om nie deur Mandeladag geïnspireer te word nie. Elke jaar op 18 Julie word mense aangemoedig om vir 67 minute ’n verskil in die lewens van mede Suid-Afrikers te maak. Ondernemings en individue regoor die streek het vanjaar weer hul bydrae gelewer en mens kon sien hoe vrywilligers dit geniet. Kom ons maak elke dag Mandela-dag, waar daar nie noodwendig ’n uur se goeie dade gedoen word nie, maar slegs een goedhartige daad vir ons naaste

