Altesame 53 kleuterskool-opvoeders van Malmesbury, Moorreesburg, Darling, Abbotsdale, Yzerfontein, Chatsworth en Kalbaskraal het Saterdag 29 Januarie ’n werksessie in die stadsaal in Malmesbury bygewoon. Die werksessie is aangebied deur Kinderland Akademie (NPC) van Wellington. Dit is ’n instansie sonder winsbejag wat fokus op die opleiding van opvoeders by kleuterskole in veral minderbevoorregte gemeenskappe. Die opleiding handel oor ontluikende wiskunde of ontluikende syfervaardigheid, en die doel daarmee is om kinders te help om die geleenthede op hul pad aan te gryp en byvoorbeeld gereed te wees om wiskunde in Graad R te leer. Dit is algemeen bekend dat baie kinders op skool met wiskunde sukkel, en baie is nie gereed vir die eise wat wiskunde-onderrig in Graad R stel nie. Nog drie kwartaallikse werksessies sal in die loop van die jaar aangebied word. Die opleiding sowel as die uitgebreide les-materiaal word gratis aangebied. Om dit te kan doen, is Kinderland Akademie heeltemal afhanklik van skenkings en borgskappe. Dit kos R1 950 om ’n opvoeder vir die hele jaar op te lei en van les-materiaal soos ’n handboek en kleurkaarte te voorsien. Dit sluit ook deurlopende weeklikse begeleiding in. Mense of sakeondernemings en ander inst


leerkragte geleer

You need to be Logged In to leave a comment.