Spanne in die Langeberg 8 Bal Potspel Sondag Liga het weereens ná die lang Paasnaweek mekaar in die doodsnikke afgeransel. ’n Span soos Killer-Beatz, wat met sy twee vorige wedstryde gesukkel het, het uiteindelik hul wedstryd teen Hillside B naelskraap met 14 punte teenoor 11 gewen. Killer-Beatz het sommer in die eerste drie potte voortou geneem, waar Hillside B in die laaste twee bene eers aan die gang gekom het, maar tevrede moes wees met hul nederlaag teen die gedugte Killer-Beatz. In ander wedstryde het Hillside A koning gekraai toe hulle All Stars B geklop het met 15 punte teenoor 10. Die jongste speler in die Langeberg 8 Bal-potspelliga, Octavia Otto, het vir haar span 4 / 5 punte uit haar 5 wedstryde behaal. Byron Scheepers en Pauldré Snyman het ook 4 / 5 punte gekry

Langeberg 8 Bal PoTspel Sondag Liga bied groot opwinding

You need to be Logged In to leave a comment.