Langebaan verloor stryd

Langebaan het Saterdag 26 Februarie sy vriendskaplike wedstryd­16-25 teen die besoekende Wesbank verloor nadat die tuisspan rustyd 10-7 voor was.


Langebaan het Saterdag 26 Februarie sy vriendskaplike wedstryd­16-25 teen die besoekende Wesbank verloor nadat die tuisspan rustyd 10-7 voor was.

Die tuisspan was van die afskop af onder druk, maar het koelkop gebly. Die besoekers het egter reeds van vroeg in die wedstryd gebiedsvoordeel geniet en behoorlik in die tuisspan se gebied kamp opgeslaan.

Wesbank is reeds vroeg beloon met ’n verdoelde drie en het 7-0 voorgeloop.

Langebaan het egter danksy skitterspel deur sy agterspelers en veral sy vleuel Munier Allie, wat in die hoekie vir ’n onverdoelde drie oorgeduik het, daarin geslaag om die telling 5-7 te maak.

Die tuisspan het egter die druk die beste verwerk en die besoekers met rotsvaste verdediging op die agtervoet gehou. Langebaan het soos in sy vorige wedstryde beheer oor die wedstryd geneem en het sy neus voor rustyd voor gekry met nog ’n onverdoelde drie.

Al twee spanne was honger vir ’n oorwinning om hul voorbereiding vir die nuwe seisoen op koers te kry.

Wesbank het danksy twee agtereenvolgende nederlae nooit in die tweede helfte opgegee nie, en die besoekers met volgehoue druk tot foute gedwing, wat in punte omgeskep is.

Langebaan, wat verlede week die span van Hamlets (WP Superliga A) tot die uiterste beproef het, het weer eens bewys dat ’n wedstryd eers ná 80 minute gewen word. Die tuisspan se agterspelers verdien vermelding vir die puik verdediging, maar ’n gebrek aan uithouvermoë kan die span hierdie seisoen dalk baie probleme besorg. . Ander uitslae: Villagers Worcester 39-41 Saldanha; Abbotsdale 29-17 Young Hearts; Koringberg 15-13 Piketberg; Darling 24-29 Mamre; Delicious NW 15-33 Vredenburg; Velddrif 33-33 Blue Stars WP; Porterville 38-26 The Cove.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.