Laaste ses wooneenhede in wording

RIEBEEK-KASTEEL – Deo Gloria, die ACVV se aftree-oord, is in drie fases gebou waarvan die laaste en derde fase tydens ’n sooispit 8 September van stapel gestuur is. In hierdie fase sal ses huise gebou word. Willem Smuts, een van die stigterslede van die ACVV-tak, wat ook ’n groot rol gespeel het in al die…


Willem Smuts, een van die stigterslede van die ACVV op Riebeek-Kasteel, spit die sooi vir fase 3 van die Deo Gloria-ontwikkeling.

RIEBEEK-KASTEEL – Deo Gloria, die ACVV se aftree-oord, is in drie fases gebou waarvan die laaste en derde fase tydens ’n sooispit 8 September van stapel gestuur is. In hierdie fase sal ses huise gebou word.

Willem Smuts, een van die stigterslede van die ACVV-tak, wat ook ’n groot rol gespeel het in al die ontwikkelings by die ACVV deur die jare, het die geleentheid gekry om die eerste sooi te spit.

Voorbereiding vir die bouwerk het reeds begin en daar word beoog dat die projek einde Maart 2016 voltooi sal wees

Elke wooneenheid bestaan uit twee slaapkamers, een en ’n halwe badkamer, oopplan kombuis/sitkamer/ eetkamer en ’n enkel motorhuis. Die aftreeoord is geleë binne ’n geëlektrifiseerde omheining om die veiligheid van inwoners te beskerm.

Afgetrede mense of egpare bo die ouderdom van 60 jaar kwalifiseer om in dié gesogte aftree-oord te woon.

Sedert die stigting van die ACVV-tak op Riebeek Kasteel op 10 April 1987, het die ACVV van krag tot krag gegaan. Die dienssentrum is 6 November 1987 amptelik ingewy waarvandaan verskeie dienste aan die gemeenskap verskaf word.

Daar is vir jare ’n groot behoefte aan veilige behuising vir bejaardes in die Riebeekvallei. Na baie gesprekvoerings en vergaderings is daar besluit om ’n aftree-oord op Riebeek-Kasteel te bou

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.