Die spanne wat gaan deelneem, sluit in Hoërskool Swartland, Hugenote Hoërskool, Paarl Boys High, Paarl Gimnasium, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Stellenberg en Boland Landbou, asook ’n SA Legends-span.
Vier wedstryde word in die eerste ronde, wat vooraf op 29 November se lotingsaamtrek bepaal is, gespeel. Die vier verloorders speel in die tweede ronde in twee plaat-halfeindrondes teen mekaar, en die vier wenspanne in twee beker-halfeindrondes.
Toeskouers kan uitsien na baie opwindende krieket met kosstalletjies vir elke smaak en springkastele om die jongspan besig te hou.
Alle Covid-19-regulasies soos in die Staatskoerant van 15 Oktober 2021 rakende skolesportgeleenthede, is van toepassing.
Swartland Gazette is die trotse mediaborg.