Krieketbaas gee homself uit

Angelo Carolissen, die president van Boland-krieket, het verlede week skielik summier bedank oor ’n beweerde uitval met die uitvoerende hoof, James Fortuin.


Angelo Carolissen, die president van Boland-krieket, het verlede week skielik summier bedank oor ’n beweerde uitval met die uitvoerende hoof, James Fortuin.

Carolissen is in 2013 as president aangestel. Sy ampstermyn sou in September vanjaar eindig.

In ’n brief wat hy aan Boland-krieket se visepresident geskryf het, sê hy: “Die disrespek, arrogansie en onbeskoftheid wat die [uitvoerende hoof] teenoor myself en ander oor ’n tydperk aan die dag gelê het, het daartoe gelei dat ek my kalmte in ’n telefoniese gesprek met hom verloor het.”

Boland-krieket vier tans hoogty met sy span wat onlangs die KSA T20-uitdaging gewen het. Sy span Paarl Rocks is ook tans die verdedigende Mzansi-Superliga-kampioen.

Boland-krieket het in ’n verklaring gesê die raad het al vergader om die skielike bedanking van sy president te bespreek en die saak geniet voorkeur.

“Die raad neem kennis dat die bedanking van Angelo Carolissen verklaar dat sy bedanking ‘in die beste belang van Krieket Boland’ is. Die raad verbind hom hiertoe,” lui die verklaring.

Godwin von Willingh, die vise-president, sal die pligte as waarnemende president en voorsitter van die direksie opneem.

Courtney Samson, onafhanklike hoofdirekteur van Boland-krieket, het gesê sake duur voort by Boland-krieket en dat gefokus word op die sport self, wat baie groter as enigiemand is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.