Piketberg-dieresorg het die hulp van die gemeenskap nodig.
Dié organisasie het babakatjies in sy sorg en benodig dringend skenkings van kombersies, ongegeurde klam lappies (wipes), warmwatersakke asook sagte speelgoed.
Enigiets, al is dit hoe klein, sal ’n groot verskil in die lewe van dié katjies maak.
Skenkings kan afgegee word by Yummy Takeaways in Loopstraat 68, Piketberg. . Bel Beryl-Ann du Plessis, fondskoördineerder, by Piketberg-dieresorg by 082 606 5364.