Emile Joubert van die Paarl is sy lewe lank ’n kosgenieter. Sy ouma se kerrie het ’n groot indruk op hom as sesjarige gemaak, en van toe af het kos hom geïnspireer – of dit nou die skoolmaaltye ten tyde van sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag of die seekos wat hy uitgeduik het – Joubert se kosobsessies word in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap lewend.

Al hierdie herinneringe is kreatief omvat in ’n heerlike kosnostalgie- leesbundel. Joubert is in gesprek oor sy boek op 25 Mei om 19:00 by die Bôrdienghuis op Wellington.

Om jou plek te bespreek, bel Jessica by 021 873 2786. Die koste beloop R50 (wyn en verversings ingesluit).

You need to be Logged In to leave a comment.