Kospakkies verlig nood

MOORREESBURG – Kersvader het verlede week vroeg sy opwagting gemaak toe die afdeling vir sosiale ontwikkeling by die Weskus Distrikmunisipaliteit vir drie instansies kospakkies uitgedeel het. Volgens Melonice Blanckenberg, bestuurder van ontwikkeling, is daar besluit op die drie gevestigde instansies. “Dit sal van elke instansie verwag word om die pakkies verder te versprei sodat dit…


Marianne Heyns (Badisa), Hanlie Smith (ACVV Moorreesburg), die uitvoerende burgemeester Harold Cleophas (WKDM), Julie van Rensburg en Rochelle Magerman (albei van Kindersorg SA), met van die pakkies wat hulle ontvang het.

MOORREESBURG – Kersvader het verlede week vroeg sy opwagting gemaak toe die afdeling vir sosiale ontwikkeling by die Weskus Distrikmunisipaliteit vir drie instansies kospakkies uitgedeel het.

Volgens Melonice Blanckenberg, bestuurder van ontwikkeling, is daar besluit op die drie gevestigde instansies. “Dit sal van elke instansie verwag word om die pakkies verder te versprei sodat dit diegene bereik wat dit die nodigste het. Veral waar daar mense is wat in afwagting sit vir die goedkeuring van hul toelae en waar daar geen inkomste is nie.” Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, wat die oorhandiging gedoen het, het gesê dit is maar ’n druppel in die emmer wat die munisipaliteit kan bydra. “In ons streek is armoede groot, en die kinders is onder dié wat die meeste geraak word. Skenkings en donasies maak dat ons tot ’n mate verligting kan bring aan die gemeenskap se behoeftes.”

Marianne Heyns van Badisa het die munisipaliteit bedank en genoem dat as die seisoenale arbeiders se werk tot ’n einde kom, is daar ’n toename in armoede in die Weskus. Hanlie Smith van die ACVV op Moorreesburg het gesê die kospakkies gaan van groot waarde wees. “Ons wag ’n redelike lang tyd voor toelae toegestaan word en die kospakkies sal daardie frustrasie effens verlig.”

Kinder- en gesinsorg se Rochelle Magerman is van mening die teenwoordigheid van al die afgevaardigdes is tekenend van hulle waardering vir die munisipaliteit se poging om die nood in die gemeenskap raak te sien en iets daaraan te doen

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.