Die sanggroep TWEE en sangeres Heidi van Wyk sal 22 Augustus by die Darling-gholfklub optree om geld in te samel vir Darling se Groeneweide tehuis vir bejaardes.
TWEE is as die wenner aangekondig in vanjaar se kykNET AfriVisie liedjieskryf-kompetisie met hul liedjie Ek sweer.
Heidi van Wyk was in die top-10 met haar treffer Verlangebaan. Die aand skop af om 18:30 met ’n driegang-maaltyd, ’n vertoning deur TWEE en Heidi en ’n veiling van gesogte items, onder meer ’n skildery van bekende plaaslike Darling-kunstenaar, Nicolaas Maritz.
Kaartjies is R200 per persoon en kan enkel of per tafel van tien mense bespreek word.
Vir meer inligting kontak eldre@iloveyzer.co.za of 022 451 2202