Of daar met die nuwe voorgestelde drankwette saamgestem word aldan nie, is dit nodig dat landsburgers kommentaar moet lewer.

Dit wil voorkom asof die huidige regering ’n voorliefde het vir nuwe wette maak en mens wonder dikwels of die implikasies van nuwe wette en die uitvoerbaarheid daarvan deeglik oorweeg word.

Die ouderdom waar minderjariges met mekaar seksueel aktief kan wees, is tot 12 jaar verlaag, maar daar word voorgestel die ouderdom waar iemand wettiglik alkohol kan gebruik, van 18 tot 21 jaar verhoog word. Dít na die regering ’n paar jaar gelede afgekondig het die amptelike ouderdom waarop iemand mondig is, nou 18 is. Argumentshalwe beteken dit ’n 18-jarige kan ’n motor koop, maar nie ’n bottel wyn nie.

Sou die nuwe voorgestelde wette bekragtig word, sal ’n dorp soos Malmesbury grotendeels afgebreek en herbou moet word aangesien die kerk, kuierplekke en ’n restaurant wat alkohol bedien, binne 500 m van mekaar is.

Talle plattelandse dorpies waar die kerk en die kroeg ’n klipgooi ver van mekaar is, sal die wette oortree. Hoe sal die oortreders vervolg word?

Matrikulante kry dikwels werk as kelner terwyl daar óf gestudeer word óf vir ’n ander werk gesoek word, maar sou die nuwe wette bekragtig word, sal skoolverlaters eers toegelaat word om alkohol te bedien wanneer hulle 21 jaar oud word?

Landswette raak ons almal se lewens op een of ander stadium en dit is dus baie belangrik om ons opinies en menings te laat hoor

You need to be Logged In to leave a comment.