Kom wys jou beste boerewors

Inskrywings vir die 30ste jaarlikse Boerewors-kompetisie het vandeesweek geopen en sluit op 17 Junie.


Inskrywings vir die 30ste jaarlikse Boerewors-kompetisie het vandeesweek geopen en sluit op 17 Junie.

Die kompetisie, wat in 1992 van stapel gestuur is, gaan voort om Suid-Afrika se beste boereworsresepte op te spoor.

Ter viering van sy 30ste bestaansjaar sal die wenner en naaswenners van die 2022-Boerewors-kompetisie die eerste keer ook geldpryse ontvang:. Eerste prys: ’n Nuwe Toyota Fortuner en R50 000 kontant;. Tweede prys: R30 000 kontant;. Derde prys: R20 000 kontant.

Alle boerewors­resepte moet voldoen aan streng riglyne vir die maak van tradisionele boerewors en word deur ’n kundige paneel van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging (SACA) beoordeel.

. Besoek www.championshipboerewors.co.za vir nog inligting of om in te skryf.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.