Die Malmesbury-biblioteek in samewerking met die plaaslike museum nooi die hele gesin om die dorp se geskiedenis saam met hulle op ‘n historiese staproete te herontdek.
Die uitstappie vol pret, plesier en historiese feite vind Dinsdag 8 en Donderdag 10 Julie plaas.
Volgens Talita Viola van die Malmesbury-biblioteek het hulle besluit om die staptog wéér ná verlede jaar se sukses aan te pak.
Die staproete begin by die biblioteek in Voortrekkerweg en eindig met ‘n besoek by die museum, terwyl die stappers by verskeie historiese bakens langs die roete sal aandoen.
“Die avontuur gaan oor verkenning, om kennis op te bou en verlief te raak op ons plaaslike geskiedenis. Dit is ideaal vir nuuskierige kinders en hul ouers.”
- Die staproetes vind tussen 08:00 en 12:00 plaas. Bel die biblioteek by 022 487 9439.


