Die Robertson Bierfees op 12 September is ’n geleentheid wat jy nie moet misloop nie.

argiefFoto:
hilderine schröder

Jy het nie nodig om na Duitsland te vlieg om ’n wye verskeidenheid uitstekende biere en eg-Duitse disse op die proef te stel nie. Op 12 September kan jy dit sommer op eie bodem geniet!

Die Robertson Bierfees, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, beloof om ’n heerlike Saterdag-uitstappie vir die hele gesin te wees.

Met 11 mikrobrouerye se bier wat geproe kan word, ’n Oompah-orkes, kinderarea met oppassers, heerlike Duitse geregte, varsproduktemark, piekniekarea en grootskerm TV, is die bierfees ’n geleentheid wat jy beslis nie moet misloop nie.

Geniet die area se natuurskoon op die prentjiemooi DuVon Wyn- en gasteplaas, waar die fees vanjaar gehou word.

Kom neem deel aan ’n uitsoek-piekniek terwyl jy weglê aan heerlike eetgoed en die uitsig oor die pragtige berge en lentebloeisels indrink.

Toegang tot die fees is slegs R100 per persoon en sluit ’n 500 ml bierglas en 10 proe-koepons in. Toegang vir kinders onder 18 kos R30 en sluit toegang tot die pretarea in. Kaartjies was verlede jaar blitsig uitverkoop, maak dus seker jy kry betyds kaartjies om teleurstelling te voorkom.

Vir navrae kontak die Robertson Toerismekantoor by info@robertson.org.za of 023 626 4437

You need to be Logged In to leave a comment.