Kaasliefhebbers kan uitsien na vanjaar se SA Kaasfees van 25 tot 27 April by Sandringham in Stellenbosch.
’n Reuseverskeidenheid kaas en verwante produkte, glanspersoonlikhede wat hul kulinêre vaardighede ten toon stel, innoverende koskombinasies en vermaaklikhede en ’n uitgesoekte verskeidenheid verwante produkte wat geproe en gekoop kan word, is maar ’n voorsmakie van wat geniet sal kan word.
Die Wes-Kaapse departement van landbou-projek oor alternatiewe produkte is ’n nuutjie. Verder is daar ook ’n daaglikse kaaskerfkompetisie, gehalte-eetplekke en kos-trokkie, en heelwat kindervermaak.
Kaartjies is by Computicket, Shoprite- of Checkers-winkels beskikbaar teen R130 per dag. Senior burgers betaal R100 per dag en kinders 13 jaar en jonger kry gratis toegang. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00. Meer inligting is te kry by Agri-Expo, 021 975 4440, cheese@ agriexpo.co.za, of www.cheesefestival.co.za