Kom oompah saam by die bierfees

Maak seker jy kry nou reeds jou kaartjies vir die Robertson-bierfees op 12 September. Dié gewilde fees, wat vanjaar vir die derde keer aangebied word, beloof om ’n heerlike Saterdag-uitstappie vir die hele gesin te wees. Met 11 mikrobrouerye se bier wat geproe kan word, ’n Oompah-orkes, kinderarea met oppassers, heerlike Duitse geregte, varsproduktemark en…


Die Robertson Bierfees, met onder meer ’n Oompah-orkes, bied aan besoekers ’n stukkie Duitsland op eie bodem.

Argieffoto:
hilderine schröder

Maak seker jy kry nou reeds jou kaartjies vir die Robertson-bierfees op 12 September.

Dié gewilde fees, wat vanjaar vir die derde keer aangebied word, beloof om ’n heerlike Saterdag-uitstappie vir die hele gesin te wees.

Met 11 mikrobrouerye se bier wat geproe kan word, ’n Oompah-orkes, kinderarea met oppassers, heerlike Duitse geregte, varsproduktemark en piekniekarea, is die bierfees ’n geleentheid wat jy beslis nie moet misloop nie.

Geniet die area se natuurskoon op die prentjiemooi DuVon Wyn- en gasteplaas, waar die fees vanjaar gehou word.

Kom neem deel aan ’n uitsoek-piekniek terwyl jy weglê aan heerlike eetgoed en die uitsig oor die pragtige berge en lentebloeisels indrink.

Toegang tot die fees is slegs R100 per persoon en sluit ’n 500 ml bierglas en 10 proe-koepons in.

Toegang vir kinders onder 18 kos R30 en sluit toegang tot die pretarea in. Kaartjies was verlede jaar blitsig uitverkoop, maak dus seker jy kry betyds kaartjies om teleurstelling te voorkom.

Vir navrae kontak die Robertson Toerismekantoor by info@robertson.org.za of 023 626 4437

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.