Die NG kerk se Moedergemeente in Strand hou Sondag 13 Maart ’n inligtingsessie en kuier-en-gesels-byeenkoms.
Die geleentheid begin om 16:30 in die kerksaal by 42 Birkenheadstraat.
Inligting oor dolering en die redes daarvoor, asook die Kairos-netwerk se beplande aksies sal uitgelig word.
Die belydenisskrifte en terugkeer na Bybelse waarheid sal bespreek word. Helderbergers word uitgenooi om te kom gesels oor die soort vrae wat mense deesdae vra en wonder of die Bybel die antwoorde het.
Almal, veral jongmense, is welkom.. Navrae: bel Francois Deysel 074 254 1254 of Louis Smith 082 787 5414.