Kleuters hardloop dat die stof staan

Die Lofland Titus ECD-forum het op Menseregtedag (Maandag 21 Maart) ’n gesamentlike atletiekdag by die Abattoir-sportveld in Strand gehou.


Die Lofland Titus ECD-forum het op Menseregtedag (Maandag 21 Maart) ’n gesamentlike atletiekdag by die Abattoir-sportveld in Strand gehou.

Maria Gertse, die stigter van Lofland Titus ECD-forum, het die forum op 15 Januarie 2018 op die been gebring om ander ECD-sentrums te ondersteun. “Die atletiek-dag is beplan twee jaar nadat Covid-19 uitgebreek het en ons vir daardie hele tydperk geen sulke sportdae kon aanbied nie,” sê Gertse.

Stephanie Jansen, wat ook deel is van Lofland Titus ECD-forum, sê dit was ’n heerlike dag uit vir die kinders en onderwysers van die 16 ECD-skole wat deel van die forum is. “Ons hoofdoel is om al die ECD’s met hul papierwerk en registrasie te help. Ons gee hulle ook opleiding. Ons voorsien hulle van raad en werk baie naby aan al die ECD’s,” vertel Gertse.

Dis juis die 16 ECD-sentrums se jong leerders wat opgedeel is in of die Rooi-, Wit-, Geel-, Blou- of Groen-spanne en op die atletiekbaan teen mekaar moes kragte meet. “Dis die kinders se reg om te speel. Hulle het ’n reg om hulself uit te druk. Dis juis hoekom ons die atletiekdag op Menseregtedag gehou het.”

Volgens Gertse was dit die perfekte geleentheid vir die onderskeie onderwysers om gesellig saam met die ouers te verkeer. “Dit was ’n lekker Lofland Titus-dag. Ons het dit baie saam met al die kinders, onderwysers, ouers en ondersteuners geniet,” sluit Gertse af.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.