Kindersorg Suid-Afrika se Robertson tak hou Saterdag (28 Mei) ’n witolifant-verkoping.
Die geleentheid word by die Thusongsentrum in Wesleystraat gehou en begin om 08:00.
Van die produkte wat te koop is, is twee elektriese stowe, twee gasstowe, potte, eetgerei, breekgoed en ’n televisiestel, om net ’n paar te noem.
Bel Gina Snyman by 023 626 3247 vir nog inligting.