Kassiere is dikwels onprofessioneel

Ek het die vrymoedigheid gekry om na aanleiding van ’n ontevrede briefie wat op 30 Junie op bl.8 van die Breederivier Gazette geskryf was, verder uit te brei oor my ondervindings in al ons kettingwinkels in ons mooie dorp. My ondervinding omtrent elke keer wanneer ek aankope doen is dat die kassiere van al die…


Ek het die vrymoedigheid gekry om na aanleiding van ’n ontevrede briefie wat op 30 Junie op bl.8 van die Breederivier Gazette geskryf was, verder uit te brei oor my ondervindings in al ons kettingwinkels in ons mooie dorp.

My ondervinding omtrent elke keer wanneer ek aankope doen is dat die kassiere van al die winkels met mekaar geselsies aanknoop wanneer hulle veronderstel is om die klante eerste te bedien. Die geselsies was al van só ’n aard dat hulle geskinder het en ’n Christenmens soos ek wil dit geensins aanhoor nie want dit is nie in my aard nie. Ek moes vir hulle mooi vra om dit asseblief nie voor my te doen nie.

Die geselsies ontaard partykeer in ’n harde geroep na mekaar om iets te vra of te sê wat hulle op daardie oomblik benodig. Geensins professioneel nie! Ek wonder partykeer of hulle waarlik goeie leiding kry om nie sulke dinge te doen nie. Dit is lastig en kan klante in ’n verleentheid bring omdat die hulp nie na jou kant toe kom nie, maar hulle eerder kliphard besig is om oor hul eie sake te kommunikeer as om aandag aan hul werk te gee. Dit is uiters frustrerend. ’n Mens raak al angstig as jy na die betaalpunt beweeg. Soos die vorige briefskrywer gevra het: dink julle nie die saak kort dringend aandag nie?

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.