Kabeldiefstal laat krane opdroog

Krag- en waterprobleme sleep voort vir inwoners van Zolani in Asthon toe hulle bykans sonder water gelaat is nadat kragkabels verlede Donderdag hier gesteel is.


Krag- en waterprobleme sleep voort vir inwoners van Zolani in Asthon toe hulle bykans sonder water gelaat is nadat kragkabels verlede Donderdag hier gesteel is.

Die Langeberg-munisipaliteit het Donderdagoggend in ’n Facebook plasing die gemeenskap van Asthon en Zolani ingelig dat elektrisiteit vir ’n onbepaalde tyd af sal wees weens kabeldiefstal.

Die munisipaliteit het inwoners gevra om water uiters spaarsamig te gebruik aangesien pompe by reservoirs nie water kan pomp tydens die kragonderbreking nie en watervlakke reeds baie laag is.

“Alle Langeberg -munisipale kantore sal nou nie voorafbetaalde elektrisiteit kan verkoop totdat die kabels herstel is nie. Voorafbetaalde elektrisiteit is egter van buite-verkopers beskikbaar.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.