Macassar Juniors Rugby doen beroep op ywerige jong rugbyspelers met ’n passie vir die kontaksport om vir die opkomende rugbyseisoen te registreer en deel te word van die klub. Op die foto is kranige speler Shaun Smith (met die bal) in rugbyaksie.Foto: Patrick Vermeulen


Die bestuur van Macassar Juniors Rugby nooi graag alle jong spelers om te registreer vir die opkomende rugbyseisoen.

Registrasie vind Donderdag (17 Februarie) om 15:30 by die plaaslike sportgronde (Riverside Park) plaas.

Ywerige jong rugbyspelers, seuns of meisies, tussen die ouderdom van sewe en 13 is welkom om te registreer.

Die juniorspanne vorm deel van Macassar-rugbyklub wat onder die vaandel van die Westelike Provinsie Rugby-unie speel, en ouers word dus verseker dat uitmuntende vaardighede aan ontwikkelende spelers gebied sal word.

Vir nadere besonderhede, kontak vir Japie Konstabel (sekretaris) by 083 879 7204 of japiekonstabel@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.