Die 23-jarige Jabin Afrikaner is verlede Maandagoggend (21 Julie) in die Swartland-hospitaal oorlede nadat hy met ‘n panga aangeval is. Die aanval het omstreeks 22:00 die vorige aand in Sandstraat, Kalbaskraal, plaasgevind.

Volgens sers. Henry du Randt, ‘n polisiewoordvoerder vir die Malmesbury-polisie, is sy familie kort daarna oor die voorval ingelig. Hulle het hom in ‘n oop veld aangetref.

Die ambulansdienste is intussen reeds ontbied. Afrikaner is na die Swartland-hospitaal geneem, waar hy verdere noodbehandeling ontvang het.

Hy het egter die volgende oggend aan sy wonde beswyk. Niemand is nog weens die aanval op hom in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van moord word steeds ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article