Die legendariese Afrikaanse musiekkunstenaar Jan Blohm tree op 20 Mei by Die Moskan-Plaasteater in Robertson op. Blohm is bekend vir pragtige musiektreffers soos “Groen Trui”, “Breyten se brief”, “Ai, my lief” en baie meer. Hy is ook ’n bekwame skilder. Kom geniet die aand saam met vriende en geliefdes – julle sal nie spyt wees nie. Kaartjies kos R280 vir lede en R330 vir nie-lede. Kontak Maud-Mari by 084 628 4327 of Natasha by 082 929 5330 of per e-pos by diemoskan@gmail.com.