Huis le Roux se lang wag is verby. Die bestuur, personeel en inwoners van Huis le Roux het die inwyding van hul splinternuwe hyser verlede week met ’n jubel en lied in die hart gevier. Die maatskappy Kone met Vusi Sibonyana as ingenieur, was vir die installering verantwoordelik. Die inwoners het die gebruik van die nuwe hyser met ’n lekker ete en kuier verwelkom. Die projek was ’n spanpoging van die bestuur, die inwoners en die gemeenskap van Robertson, en wat ’n heerlike ervaring was dit nie om die luuksheid van ’n ultramoderne hysbak op 1 April te kon ervaar.