Die ingang na Genadedal is sopas versper.
Brigadier Donovan Heilbron, bevelvoerder van die Overberg-distrik het by navraag bevestig die versperring is glad nie kwaadwillig nie. “Die polisie wil toegangsbeheer toepas om inwoners van die dorp te beskerm.” ’n Buitelandse winkeleienaar is glo positief getoets vir die koronavirus.
Volgens Heilbron was daar baie beweging van voertuie met Kaapse nommerplate na die winkel. Heilbron het gesê hy sal more self die dorp besoek om vas te stel wat die stand van sake is.