Die Hoërskool Swartland se o.19A-krieketspan is verlede Saterdag (15 Februarie) Wellington toe en het daarin geslaag om hul teenstanders van Hugenote Hoërskool ’n vyfde agtereenvolgende keer te verower.
Hugenote het die loot gewen en eerste gekolf, maar is vir 189 lopies uitgeboul. Pieter Hanekom van HSS het hier met vier paaltjies gespog.
Goeie kolfwerk deur Ruan Fluks (54) en Iaan Snyders (42), wat ook ’n vennootskap van 75 lopies gedeel het, het uiteindelik die oorwinning vir HSS met nog vier paaltjies staande verseker.
Die o.15 A-krieketspan het op hul beurt ook hul interskolewedstryd op 14 Februarie gespeel.
Hugenote Hoërskool het eerste gekolf en 187 lopies in hul 50 boulbeurte aangeteken. Luan Beukes was HSS se beste bouler en het met vier paaltjies gespog.
HSS het ’n baie goeie kolfbeurt gehad deur tot in die 50ste boulbeurt te kolf, maar kon ongelukkig nie die telling haal nie. Hulle het die wedstryd met ’n naelskraapse agt lopies verloor.
Stiaan Kotze het met sy 58 lopies uitgestaan. Hy het ook ’n 50-lopie-vennootskap met Dawid Bierman gedeel.


