Die matriekklas van 2021 se drie toppresteerders van Hoërskool Piketberg is Ilanri van Rossum, Rénay Esau en Pieter Louw, met Van Rossum as die beste van die drie.
Sy het ’n gemiddelde 91,3% behaal.
Esau het ’n gemiddelde van 89,1% behaal, met Louw kort op haar hakke met 88,1%.
Volgens Van Rossum het sy baie steun van haar ouers en onderwysers geniet, maar skryf haar goeie punte toe aan harde werk. Sy gaan vanjaar data-wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy het toevallig ’n brosjure by die universiteit se opedag gesien en besluit dít is wat sy wil gaan studeer, vertel sy.
Van Rossum wens die matrieks van hierdie jaar sterkte toe en haar wens is dat dit ’n vol en lekker matriekjaar sal wees. Sy moedig hulle aan om hard te werk en te gaan vir wat hulle wil hê, want “as die wil daar is, is enigiets moontlik”.
Hoërskool Piketberg het ’n slaagsyfer van 98,52% en 80,6% het universiteitstoelating.